We want your feedback!
Click here
cover image of Nie vir kinders

Nie vir kinders

by Pierré Smit

ebook

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Subjects

Noem dit maar onverantwoordelik. Roekeloos, onnadenkend of impulsief. Selfs mal. Dis nou as jy in jou vyftigs uit 'n veilige, goedbetaalde werk bedank om met 'n rugsak te gaan reis. Nes jong kinders na skool of na universiteit. Vir 'n onbepaalde tyd, na onbeplande bestemmings. En ook jou vrou ompraat om dieselfde ding te doen.
Dan pak julle. En pak 'n hele paar keer weer en weer om die bagasie minder te maak en die vrag ligter te kry. As julle groet, herhaal dieselfde boodskap: "Ons beny julle. Julle waag baie. Ons sal dit so graag ook wou doen, maar ons kan nie nou nie." Woorde wat jul keuse effens beter laat klink, jul besluit bietjie meer rasioneel maak. En dan, as julle in daai vliegtuig klim, hou julle op om te wonder of dit die regte ding is om te doen. Julle begin bou aan herinneringe. Julle leer mekaar nog beter ken. Julle groei weer, julle praat weer baie met mekaar, julle ontdek weer die weelde van eenvoud. Julle lééf weer. En ons kan beaam: Reis is die enigste uitgawe wat jou 'n ryker mens maak.
Sommige van ons herinneringe is vasgepen in 'n blog, ons het fotos geneem, ons het verslag gedoen aan die familie, vriende en die volk. Die eindresultaat is 'n reeks van meer as veertig blogs, wat toe later aangepas is as 'n reisverhaal. Hierdie is ons reisverhaal, geskryf deur 'n nie-skrywer, en fotos geneem deur 'n nie-fotograaf. Ons kronieke is nogsteeds op ons blog, gaan kyk gerus by www.oudoring.wordpress.com

Publication Details

Publisher:
Juanita Swart
Imprint:
Smashwords Edition
Publication Date:
2018

Format

  • OverDrive Read 223.9 KB
  • Adobe EPUB eBook 223.9 KB
Nie vir kinders
Copy and paste the code into your website.