Liewe Heksie se groot omnibus

ebook Liewe Heksie

By Verna Vels

cover image of Liewe Heksie se groot omnibus

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

Download Libby on the App Store Download Libby on Google Play

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Library Name Distance
Loading...
41 stories in een omnibus! Hierdie groot omnibus sluit al die oorspronklike Liewe Heksie-stories in wat in die eerste Liewe Heksie-omnibus (2002) en Liewe Heksie en die rekenaar (1999) vervat is. Liewe Heksie is Blommeland se enigste en eie heksie. Al dink die meeste kabouters sy is dom, is Heksie eintlik baie slim en dapper en sy is die enigste heksie wat soms per ongeluk vir Griet die perd kan toor. Koning Rosekrans en die kabouters moet gedurig rekening hou met ou Geelheks en haar Gifappeltjies wat probeer om die kosbare Silwer Roos te steel. En al maak Heksie soms vir koning Rosekrans baie kwaad, kan sy en haar maats die nare Gifappeltjies gewoonlik gou op hulle plek sit. Die bekoorlike Levinia Heks en al die bewoners van Blommeland sal oud en jonk steeds laat skaterlag met hulle manewales. Verna Vels se klassieke verhale is al vir meer as 50 jaar gewild en Vian Oelofsen se lewendige illustrasies sorg dat Liewe Heksie se avonture nog net so bekoorlik is soos altyd.
Liewe Heksie se groot omnibus