Lyk Goed

ebook Die Lui Gids vir 'n Beter Lyf

By Jan Van Rensburg

cover image of Lyk Goed

Sign up to save your library

With an OverDrive account, you can save your favorite libraries for at-a-glance information about availability. Find out more about OverDrive accounts.

   Not today
Libby_app_icon.svg

Find this title in Libby, the library reading app by OverDrive.

app-store-button-en.svg play-store-badge-en.svg
LibbyDevices.png

Search for a digital library with this title

Title found at these libraries:

Loading...

In hierdie baie ongewone publikasie, analiseer en verduidelik Jan van Rensburg die kuns om jou liggaam te omvorm en op jou beste te lyk vanuit 'n lui perspektief - met die klem op minder moeite en persoonlike opoffering maar terselfdertyd met volhoubare sukses.

Hierdie werk is die resultaat van 30 jaar se navorsing, eksperimentele toetsing en evaluering van omtrent elke denkbare dieet- en oefenfilosofie. Dit bevraagteken 'n hele klompie geykte gesondheidswaarhede van ons tyd.

'n Kombinasie van uit-die-boks denke en 'n tong-in-die-kies benadering gee jou 'n baie vars beskouing van hierdie uiters omstrede onderwerp - verwag dus 'n hele paar verrassende insigte, gesien vanuit 'n ietwat anderse hoek.

JVR, 'n 53-jarige professionele ingenieur en IT-spesialis, is ook die skepper en ontwikkelaar van BodyByte Nutrition & Fitness Organizer, die internasionaal erkende en hoogaangeskrewe rekenaarprogram wat tans wêreldwyd deur duisende mense gebruik word - privaat en professioneel. Bekend as die mees kragtige en gebruikersvriendelike sagtewareproduk van sy soort, word BodyByte ook deur 'n groeiende aantal universiteite, skole en ander opleidingsinstellings ingespan.

Ons het almal die inherente begeerte na 'n lyf wat goed lyk. Hierdie boek ontsluit die werklike geheime op 'n maklik verstaanbare en logiese manier. Ervaar die voordele van 'n verbeterde liggaamsvorm, verbeterde gesondheid en nuwe lewenslus. Met minder moeite en swaarkry maar met volhoubare sukses. Gedoen op die slim en makliker manier in plaas van die harde manier!

Lyk Goed